VSA Krieket | |
---|---|
Kenteken van VSA Krieket
| |
Engelse naam | USA Cricket |
Afkorting | USAC |
Land | Verenigde State |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | Junie 2017 (1961) |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 2018 |
Vastelandse beheerliggaam | IKR Amerikas |
Voorsitter | Venu Pisike |
Hoof- uitvoerende beampte | Noor Mohammad Murad |
Setel | Dallas, Texas, Verenigde State |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | usacricket.org |
VSA Krieket (Engels: USA Cricket, afgekort “USAC”) is die bestuursliggaam wat krieket in die Verenigde State beheer en is in Dallas gesetel. Die beheerliggaam is in 2017 gestig en het die Amerikaanse Krieketvereniging (United States of America Cricket Association, “USACA”) vervang, wat in 1961 gestig is. Sedert 2018 verteenwoordig dit die Verenigde State by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en ook by die IKR Amerikas (ICC Americas).
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search